Die veiligheid en die gevoel van samehorigheid onder die bewoners van Thesen Islands is vir Jacqueline en Rolf Lamprecht en hul 3 kinders, Julia (16), Christopher (13) en Peter (9), die grootste pluspunte om hier te woon. Die kinders kan ongestoord buite speel, visvang en swem, en hulle weet nie eens waar hul voordeursleutel is nie!
Rolf is ’n veearts op die dorp en soms kom ’n ongewone “gas” oornag, soos die beseerde seeskilpad wat ’n paar dae in hul stort kom aansterk het. Jacqueline besit die Thesen House Shop naby die huis, ’n lieflike interieur-winkel wat sy en haar vennoot, Regina van der Vyver, sowat 20 jaar gelede begin het, en waarvandaan hulle ook ’n volle binneversierdiens aanbied.
Jacqueline het reeds van jongs af ’n groot voorliefde vir antieke…