80% Oorgewig mense wat in sulienweerstandig is en dus moeiliker gewig kan verloor deur net die regte dieet te volg
N á my ma se dood het haar tweejarige minischnauzer by ons kom woon, soos Ma se wens altyd was.
Ons was onafskeidbaar. In restaurante, op fotosessies wat ek as kosredakteur moes doen, op reis – sy was altyd by my. Goedgeaard, liefdevol, lojaal.
Toe, een oggend, trap ek in ’n plas vloeistof op die kombuisvloer. So tamaai, ek het eers gedink die yskas lek. Dit het oral in die huis begin opduik. Lotti sou nimmer binne die huis ’n plassie maak nie, iets was verkeerd. Haar waterbak, nogal groot, was nou gereeld leeg.
GLUKOSE
Sy was sewe, en altyd ’n groterige meisie.
Toe die veearts die woord “diabetes” sê,…
