Oeps, dié een het ons nie sien kom nie. Oranje in 2017. So saam met Greenery, die amptelike kleur van die jaar, laat oranje van haar hoor in dekor, mode en skoonheid. As ’n fokus-skakering hier en sommer ’n hele fiësta van kleur daar. Pinterest wys daar’s ’n toename van 59% in oranje borde, en dat “blorange”, ’n kombinasie van bloedrooi en oranje, ’n warm haar-trend is. Glo ’n skakering wat elke velkleur en haartipe pas. Kenners is dit eens oranje staan vir energie, opwinding en aksie. Maar meer nog, dit sê soms hokaai!, stadig-stadig, want dis ook die kleur van vriendskap, vennootskap en liefde. En as jy nog wonder, ja, dit is ’n pasmaat vir byna elke ander skakering in die reënboog - groen, blou, rooi, lila, noem maar…
