Uit die bloute beland ’n handgeskrewe brief op my lessenaar.
Daar staan my naam geskryf, sterk met ’n vulpen, op spesiale papier.
Soos ’n kleinood lees ek dit ’n paar keer. Gedagtes mooi uiteengesit, sinne wat inmekaarvloei, ’n mooi begin, ’n mooi einde. ’n Brief wat my raak.
Hoe hartseer is dit nie dat baie van ons die kuns verleer om ’n gevoelvolle brief te skryf, of dit vandag nooit sal leer nie. Ek is gelukkig, ek het nog elke maand die geleentheid om ’n redakteursbrief te skryf wanneer ek met SARIE-lesers gesels.
Tik jy “spesiale briewe” in op die internet, spring hande vol op die skerm. Baie jare gelede geskryf, maar die woorde tref nog, die snaaks is nog snaaks en die emosie tasbaar.
In SARIE, April 2003 om…
