Feestyd – familiesaamtrekke waar julle kuier en herinneringe uitruil.
Wat as daar vanjaar ’n leë stoel is? ’n Geliefde wat dood is, egskeiding, vervreemding omdat die lewe sy loop geneem het.
Tradisies wat eens vrolikheid gebring het, is nou pynlike herinneringe aan ’n beter tyd.
Verlies is nou eenmaal deel van die lewe en onafwendbaar. En nou kom al jou bestaande en normale emosies oor jou verliese juis gedurende die Kerstyd na die oppervlak – hartseer, eensaamheid, woede, frustrasie, verontregting, onsekerheid, hulpeloosheid, magteloosheid, skuldgevoelens en hopeloosheid, sê James de Villiers, sielkundige van Kaapstad.
Want hartseer en vreugde lê baie na aan mekaar, dis twee kante van die lewe.
Jy vier Kersfees en mis iemand met wie jy goeie tye saam beleef het. Of raak hartseer as jy twee mense in…