Die lewe het mooi en lekker, werk daaraan om dit raak te sien, is Kwêla se hunk , Hannes van Wyk, se wenk vir 2018.
Hyself ? Dié jaar gaan hy dinge geniet. Meer waag, nuwe goed probeer, interessante projekte aanpak.
“Ek wil my groot liefdes, aanbieding en toneelspel, kombineer. Dalk is daar ’n rol in ’n TV-dramareeks vir kykNET. En hopelik sal ek ook my ding op die verhoog kan doen. Daar is sprake dat ek en Amanda Strydom weer ons toneelstuk Voor ek vergeet opvoer.”
Hannes wil ook probeer om meer huistyd te hê. “Dit sluit tyd saam met my hondekinders, Toto en Mariet, in, asook lekker tye saam met my ma, Mariet, familie en goeie vriende.…
