Die kwik trek op 42 grade Celsius – dis snikwarm, selfs onder die waaier.
“Môre, môre, môre,” dreun dit binne.
’n Groot blonde ou met ’n swart T-hemp kom na buite, groet en teug welbehaaglik aan sy drankie wat hy reeds binne gekry het. Maak hom sit op die stoep van Eve’s Eatery and Bar. “Wil jy niks bestel nie?” vra hy gemoedelik.
Voor my is Jacques Pauw, rock star van ondersoekende joernalistiek. Sy sesde boek, The President’s Keepers (Tafelberg, R280), is ’n paar maande tevore (Oktober 2017) uitgereik. Sedertdien is hy óf besig met bemarking óf hy lewer iewers praatjies. “Ek háát hierdie celeb-ding.”
Einde Januarie is 130 000 boeke en 30 000 e-boeke al verkoop – ’n Suid-Afrikaanse rekord vir nie-fiksie. “En ek het nie ’n saak met…
