Een blond, een donker, hul persoonlikhede net so uiteenlopend. Margit Meyer-Rödenbeck en haar suster, Heike ter Borg, verskil vier jaar.
Margit was die irriterende kleinsus, wat belanggestel het in teater, en die een met die groter mond.
Vandag is hulle bondgenote, saamgesnoer deur die dood van hul ma, Retha, 15 jaar gelede aan kanker. En hul pa, Albrecht, wie se gesondheid op en af is.
Al leef hulle nie in mekaar se sakke nie, is die ander altyd net ’n oproep ver. “Susters, so ook vriendinne wat soos susters is, saam met hulle kan jy oorlog toe gaan. Hulle skep die ondersteuning wat jy nodig het om met veiligheid te kan spring,” sê sy.…
