Wanda se kinders is op hoërskool, haar man is iewers, sy is nie doelbewus ’n slegte ma of eggenoot nie, sy het ’n liefde: skoene. Nie die nuutste of mooiste skoene nie, eniges wat haar aanspreek, tweedehands, goedkoop, ongewoon, helder, met hakkies of plat. Sy het ’n kamer vol linte, krale, blinkers, kunsblomme, wol, pompoms en vlooimarkjuwele, hiermee versier sy dié pare wat hulp verdien. ’n Paar jaar gelede het sy ook begin om aanlyn te koop en onlangs het sy begin skoene aanskaf wat nie haar grootte is nie. Hierdie skoene is selde vir dra, soos haarkappers met boskasies en sjefs met hangpense, is haar liefde nie vir haar eie voete nie, dis vir rakke, kiste, tafeltjies, skinkborde, binne en bo-op blikke, die afgelope paar jaar ook uitgestal op…
