Koop ’n handgemaakte tapyt by ’n wewer wat al geslagte lank sake doen, sien Kappadosië uit ’n lugballon, en eet regte Turkse lekkers by ’n antieke straatmark. SARIE se reis neem jou na Istanboel, Ankara, Kappadosië, Konja, Pamukkale, Hiërapolis, Kusadasi, Efese, Bursa en die Bosporus-kanaal.
Jy sal nie spyt wees nie!
VOLLEDIGE REISPLAN
DAG 1 ISTANBOEL
Die groep word verwelkom en na die hotel geneem.
DAG 2 ISTANBOEL
Ná ontbyt verken ons die Ou Stad en besoek die Topkapi-paleis, Blou Moskee, Hipodroom en Hagia Sofia. Ons slaap weer in Istanboel.
DAG 3 ISTANBOEL, ANKARA & KAPPADOSIË
Ons reis na die hoofstad, Ankara, en besoek Anitkabir, die mausoleum van Mustafa Atatürk. Dan ry ons verder na die betowerende landskap van Kappadosië, waar ons oorslaap.
DAG 4 KAPPADOSIË
Staan vroeg op as…