Oktober . . . November . . . Dis Cintaine Schutte se gunsteling-tyd van die jaar. Dié aktrise, nou in die kykNET-drama Fynskrif , het in Pretoria grootgeword. En dis nou wat die jakarandas vir ’n pers ontploffing sorg. “Op skool, as ek wiskunde of skeinat geswot het, het ek onder die groot jakaranda voor ons huis gaan sit. En gehoop een van die pers blommetjies val op my kop. Want dan, so word gesê, gaan jy jou toets deurkom.
“Kaapstad, waar ek deesdae woon, ontwaak dié tyd uit sy winterslaap, hier is ’n nuwe energie, toeriste kom besoek aflê, en mense gaan weer strand toe.”
Cintaine speel by Aardklop (2-7 Oktober) saam met Nadia Valvekens in Huishou , en is ook die vervaardiger…
