“A lmal is verbind op die internet, soos neurone in ’n reusebrein,” het Stephen Hawking, die ontslape Britse fisikus, eens gesê.
Die wonder daarvan is dat ons die hele wêreld kan bereik mits ons ’n rekenaar en internetverbinding het.
Christa Morrison, ’n Suid-Afrikaans gebore digitale dosent verbonde aan die McMaster-Universiteit in Hamilton, Kanada, voeg by: “Digitale tegnologie konnekteer, verander en vergroot die moontlikhede van elke verbruiker, besigheid en masjien. Ons voel en sien die uitwerking op persoonlike, plaaslike en internasionale vlak.”
’n Besigheid hoef nie meer in ’n gebou bedryf te word nie. Dit kan enige plek geregistreer word, en die werkers en bemarkers kan oor die land- en tydsgrense heen versprei wees, met dienslewering wat 24 uur per dag kan plaasvind, verduidelik Christa.
“Mobiele digitale tegnologie, die cloud, data…