AFRIKAANS
Die Taalmuseum op die dorp, met onder meer ook ’n multimedia-uitstalling en die Taalmonument op die berg, is bekende bakens. Somertyd kan jy van Oktober tot Maart met volmaan by die Taalmonument piekniek hou. Bestel eetgoed by die Volksmond-koffiewinkel (021 863 2800) of pak jou eie in. Die uitsig hiervandaan laat almal fone of kameras uitpluk.
ARBORETUM
▪ Die boomtuin langs die Bergrivier, wat deur die dorp vloei, bevat bome van Europa, Afrika, Suid-Amerika, Asië, Noord-Amerika en Australië. Saterdae draf en stap ’n horde mense en vierpotiges deur die arboretum – almal Parkrunentoesiaste. www.parkrun.co.za/paarl
SPICE ROUTE
▪ Aan die voet van die Paarlberg, Suid-Agter-Paarl se kant, kan jy nie net wyn proe (en koop) nie, maar ook jenewer, sjokolade, bier en selfs roomys, met ’n keuse van eetplekke. En…
