Kom sit aan ons verjaardagtafel
Vir SARIE se 70ste verjaardagparty nooi ons jou, ons gunsteling-inspireerder, om saam met ons aan te sit vir ’n ete vol herinneringe.
Dié spesiale viergang-ete word deur SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, met die hulp van 20 ICA-studente voor jou oë berei. Jy kan ook saam met SARIE-redakteur, Michélle van Breda, terugkyk op die tydskrif se geskiedenis.
BONUS
Wyn van Roodeberg, wat ook vanjaar hul 70ste verjaardag vier, op jou tafel.
INGESLUIT
Die prys sluit in van jou drankies tot jou ete plus ’n spesiale geskenkpak met die Augustus-uitgawe van SARIE, SARIE KOS Winter asook ander bederwe van uitgesoekte borge. Jy kan ook die resepte vir die heerlike ete, berei met bestanddele van Spar, Spekko en geure van Royal Kalahari Desert Salt, huis toe neem. En jy…
