Ons 2de SARIE Modeskool 2019 en ’n vol klas. Sestien ‘studente’ van oral in die land en van elke ouderdom is oor drie dae deur SARIE-moderedakteur Amaria Carstens se leiding geïnspireer. Dís wat hulle reggekry het – voorkomste in die kol!
Elisabet Nel
KAAPSTAD
Rekenmeester Oranje moulose top, Oakridge by Mr Price. Ruitstof-mantelbaadjie, Forever 21. Slangvelpatroonplooiromp, H&M. Wynrooi gestreepte sokkies, Falke. Swart enkelbandjiehakskoene, Zoom. Leeumotief-tosseloorbelle, colette by colette hayman.
Rentia Weber
PAARL
Grimeerkunstenaar en haarstileerder Noupassende kort swart rok, Forever 21. Swart maasstofrok, Mr Price. Swart hoëbeenstewels, Footwork.
Maré de Witt
KAAPSTAD
Bedryfsingenieur Hemprok met grafiese patroon en bypassende wyepypbroek, H&M. Ruitpatroonbaadjie, Old Khaki. Slangvelpatroonhakskoene, Mr Price. Bruin wyerandhoed, Woolworths.
Anke Nothnagel
CENTURION
BA-student Karamelkleurige rolnektop en ruitstofbaadjie, Old Khaki. Naaswit koordfluweelbroek, H&M. Slangvelpatroonenkelstewels, Mr Price.
In November 2019 bied…
