Ek voel steeds geëerd – hier dra die hertogin my oorbelle, uit my klein studio’tjie op Wildernis!
Nina Bosch, juwelier
Nooit het Nina Bosch gedink sy sal wees waar sy vandag is nie, al was die pad geneties vir haar gebaan. Haar oupa, Esias Bosch, is beskou as die vader van Suid-Afrikaanse keramiek. Haar ouma, Valerie, het porseleinwerk gedoen. Haar ouers, Hanlie en Anton, is gevierde pottebakkers. En as kind het Nina dae om in hul ateljee op Witrivier, Mpumalanga, deurgebring. Sy het nie veel erg daaraan gehad nie, eerder eintlik soms skaam gekry vir haar “ongewone” familie. “Op hoërskool, wanneer jy mos maar wil inpas, het ek baie gedink: Wat is tog fout met my kunstige familie, kan hulle nie net normaal wees nie!” lag sy nou.
Vandag het…
