BABA MAAK 3
“Verlief, verloof, vennote” het SARIE in Augustus 2018 aangekondig, “Vir altyd” was die opskrif met hul sprokiestroue vroeg-Mei 2019. En nou wag dié twee vervaardiger-akteurs, Donnalee Roberts en Ivan Botha, op die geboorte van hul babaseuntjie. Op 35 sê Donnalee: “Ek is dankbaar dat ek nou eers, op hierdie ouderdom, in hierdie tydperk van my lewe swanger geraak het. Ek is vergenoegd.”
ALBA, AUDREY & ANDRÉ
Woordfees op Stellenbosch en aan boekekant drie name met ’n sterk SARIE-verbintenis: Alba Bouwer, destyds adjunk-redakteur, Audrey Blignault, vir jare agterbladskrywer, en André le Roux, oud-assistentredakteur en skrywer van die rubriek Op die vrou af. Alba se ikoniese Rivierplaas-omnibus word herdruk en eksklusief by die fees bekend gestel met ’n voorlesing deur Mila Guy (12 Maart), Oulap se rooi is ’n…