Die Oos-Kaap met sy tydlose, golwende heuwels het al groot name opgelewer wat die geskiedenis binne en buite Suid-Afrika se grense help herskryf het. Nelson Mandela, die vader van ons nasie. Siya Kolisi, die eerste swart Springbokkaptein, wie se span verlede jaar die Rugby-wêreldbeker verower en ons harte sáám laat klop het.
Voeg nog ’n naam by: Zozibini Tunzi, ’n anderste soort Mej. Heelal in ’n anderste tyd. By dié kompetisie einde verlede jaar het sy uitgestaan met haar kort, natuurlike hare (haar mini-afro gedoop) en lang wilgerlatlyf. Waar is die lang haarverlengings, kurwes wat ons met ’n skoonheidskoningin assosieer? Daai hare reflekteer haar woorde tydens die geleentheid: “We should be teaching young girls to take up space.” Nes jy is, want jy is goed genoeg.
Madiba, Siya, Zozi, hul…