Die lang pad Kaap toe.
In ân dekade en meer het ek nooit in ân motor geklim vir my pendeltog tussen Johannesburg en Kaapstad nie. Ook nie vir die vele werkverpligtinge elders in die land nie. Altyd was dit maar ân vliegtuig. Want dĂt was die deal: Om in die kortste tyd op ân ander plek te wees, ân ander kantoor, ander mense te ontmoet, ander gesprekke te voer. Dit was die storie elke maand, soms elke twee weke, selfs elke tien dae. Vir jare.
Die land se lughawens â OR Tambo, Kaapstad Internasionaal, Lanseria by Johannesburg, die een by George, Bram Fischer in Bloem, Oos-Londen, Port Elizabeth, King Shaka buite Durban â het ek naderhand gekĂ©n. Die boekwinkels, die eetplekke, die roomyskiosks. So in die verbydraf, het ek dieâŠ
