Hulle het lank gewik en geweeg of hulle die stadsgewoel moes verlaat en Hermanus toe trek, vertel Lizanne Olivier. Voorheen het hulle gewoon in woelige Seepunt, waar sy ’n opvoedkundige sielkundige was en haar man, Danie, in die finansiële wêreld gewerk het. Maar albei het bly hunker na ’n rustiger en sinvoller lewe. Haar ouers het reeds op Hermanus gewoon, en haar ma, Sanmarie Swanepoel, bedryf sedert 2007 die bistro en bakkery Oskars. Lizanne is self mal oor kook en bak en vyf jaar gelede het sy besluit om haar gewig by haar ma in te gooi.
’n Huis oorkant Hoy se koppie, wat genoem is na sir William Hoy, een van die vroeë charismatiese figure van Hermanus, was juis te koop, en Danie kon sy werk hier voortsit. Hulle…
