Dis ’n verrassing om ’n strandhuis teë te kom waar die dekor bepaal word deur Afrika-kuns en -artefakte. Dit en die manlike aanslag waarmee die huis ingerig is, pas by Pierre Antoine. Hy is in die Demokratiese Republiek van die Kongo gebore en het grootgeword tussen België en die Kongo. Sy huis, wat hy At The Beach gedoop het, is gevul met ryk teksture en diep kleure eie aan daardie wêreld. Hierdie aardsheid is in pas met die ongerepte, wilde natuurskoon van die Weskus en laat hom na aan die aarde voel, gee hom energie en is ’n groot bron van inspirasie.
Toe Pierre op ’n keer by vriende in Britanniabaai, sowat 9 km van St. Helenabaai, gekuier het, het hy hierdie seefronterf gesien en was daar geen keer aan…
