Nee, dis nie jou verbeelding nie. Ek het óók vir ’n lang tyd geglo ek verbeel my, ek is oorgevoelig en vol nonsens, ek is alleen in my oortuiging, maar dis nie so nie, die mensdom is nou regtig, regtig onbeskof. Meer as ooit. Aanhoudend. Orals. Welkom in Die Tyd Van Swak Maniere. Die Era Van Emosionele Geweld. Die Eeu Van Aakligheid. Die Orde Van Minagting.
Dis ’n voorreg om die geleentheid te hê om te skryf, of dit ’n brief is, ’n artikel, ’n rubriek, ’n lied, ’n toespraak, ’n roman, of ’n verhoogteks, dis een van my grootste vreugdes en ek wil dit geniet, vermaak, inspireer, troos en meevoer. Maar nou skryf ek hier dat mense onbeskof is, sonder ophou of genade, elke dag en ten koste van…
