WAT IS SUKSES?
Ek lees gereeld inspirerende sêgoed wat jou aanmoedig om suksesvol te wees en het dit altyd baie geniet, tot die vraag vanmiddag by my opgekom het: Wat is sukses?
Sukses is uiteenlopende dinge. Die skatryk sakeman word as suksesvol beskou, iemand wat sy merk in die lewe gemaak het. Dan kyk ek weer na ’n program soos Dankie, Lottoland, wat vertel van mense wat ander bystaan en versorg – weeskinders, ou mense sonder heenkome, mense wat sopkombuise bestuur om ander te voed. Hierdie barmhartige Samaritane se stories sal nooit in selfhelpboeke as groot suksesverhale genoem word nie, want met al hul weldade is hul geldsake dikwels ook maar moeilik. Maak al die liefde van die mense wat hulle so deur die jare gehelp het, hulle dan nie…