Die groot mylpale is tekens dat die tyd aanstap. Maar dis die kleintjies waaraan jou hart bly vasklouSIEN BL. 12 Wie ons is, waar ons vandaan kom, wat ons al bereik het en ja, soms verloor het, wat ons bevoorreg is om te sien en te beleef, en dít waarin ons vas glo.
Ons almal het ’n behoefte om die lewe te vier, die klein, die groot, die gewigtige en die prettige. Ook die sommer-enige. Want dit laat ons voel ons behóórt. En om te weet ons behoort, beteken vervulling en geluk.
Lekker lees aan dié SARIE Okkasie!
Doen moeite, maak dit mooi, geniet die beplanning en laat elke Kersfees, Paasfees, verjaardag en spesiale saamwees tel. Koester jou vriendskappe, verwonder jou saam met jou kinders aan die wêreld se vondste……
