Dis ’n lieflike herfsoggend, ek ry verby die beroemde melkery, hoenders skrop direk langs die pad, op die boomryke nou paadjie is daar nie ’n enkele vragmotor nie, inderdaad ’n mooie dag. By die klein winkelsentrumpie hou ek stil, spring uit die motor en drafstap na die supermark, ek het nog altyd geglo haastigheid is effe gesonder as rustigheid. Ek is uit in my gebruiklike pikswart uniform, snyersbaadjie, handgemaakte hemp met hoë kraag, noupassende broek, skerppuntskoene en dramatiese sonbril. By die winkeldeur gryp ek ’n mandjie en ontsmet die handvatsel. ( Ja, steeds.)
Appels, piesangs, pietersielie, blaarslaai, sjampanje, sagte kaas, vyekonfyt, neute, gemmerkoekies, kraakbeskuitjies, vinnig word die mandjie vol, ek weet presies wat ek soek, onder geen omstandigheid vertoef jy onnodiglik onder neonligte nie.
En toe verskyn sy. Bleekwit, onvergenoegd…
