Drie maande lank het hy die diamantring in die regtersak van sy jeans gedra . . .
“Ek wag altyd vir die régte oomblik, dinge moet perfek wees,” erken hy.
In Madagaskar, op die eiland Nosy Be, besluit hy toe op 22 Augustus verlede jaar dis nóú sulke tyd. En só, reken Riaan Manser, begin een van sy grootste avonture nog. “Ek het die hele oggend in die geheim met die ring in my hand gespeel. Toe begin ek en Vasti oor iets simpels stry en ek dog, wel, miskien is vandag nie die dag nie.” Maar dié man, met tonne testosteroon, se sagte hart het ingegee.
Vasti vertel: “Ons het nog grappies gemaak. Ek het gelag, kop agteroor, oë toe, en toe ek my oë oopmaak, is hy op…
