Al is DStv steeds die beste keuse met die grootste verskeidenheid sport, is daar wel regstreekse sport wat beskikaar is om te stroom. Showmax Pro is ’n aparte stroomdiens van die gewone Showmax en fokus op sport en sportverwante vermaakprogramme. Lede kan kyk na regstreekse seisoene van die Engelse Premierliga, LaLiga, Serie A, UEFA Europa en UEFA Conference-ligas.
Daar is ook ’n wye verskeidenheid van regstreekse atletiek, beroepsboks en van die wêreld se grootste marathonne. En wanneer die regstreekse byeenkoms verby is, is daar programme en sportdokkies, asook onlangse sporthoogtepunte.
Showmax Pro het ’n paar regstreekse nuuskanale, soos SABC-nuus (slegs beskikaar in Suid-Afrika), Euronews, Africanews en Newzroom Afrika. Showmax Pro kos R225 per maand in Suid-Afrika vir die mobiele pakket, en R299 (tot 31 Jan 2023) vir die volle Pro-pakket.…
