[HOU DOP!]
BESIGHEID Heidi J Design
WIE Heidi van der Westhuizen
WAAR Kaapstad
HAAR WERK Sy werk dalk uit ’n klein, oorvol kamer in haar huis in Bellville, maar dit gaan voor die wind met Heidi van der Westhuizen se besigheid – plaaslik en internasionaal. Heidi vervaardig ’n sjarmante dekorreeks wat viniel-teëlplakkers, bewertjies, kurk-landkaarte, waterbestande vlagstringe, plekmatte en hout- en perspeks-kandelabers insluit. Haar werk is gereeld te koop by markte soos Tierlantynkies in Pretoria, Stellenberg Feesmark en die CY Market in Kaapstad. Gaan loer gerus na Heidi se pragtige karavaan, wat sy self mooigemaak het, in die 2016-uitgawe van Tuis Opknap (nou op die rakke by winkels landwyd). Besoek facebook.com/heidijdesign.
[BEDERFIE!]
Ons is absoluut versot op dié Margate-plakpapier uit St Leger & Viney se nuwe Anna Frenchversameling (sowat R3 000…
