Jip, ’n maand. ’n Leser van Panama, Este de Nysschen, kom Suid-Afrika toe, en ons het al so baie per e-pos geheen-en-weer dat ek haar sommer vir koffie nooi. Sy is Afrikaans, maar soek papieruitgawes van Home, want sy wil dit terugneem Panama toe om daar met ander mense te deel. Ek sê dis reg, ek bring hulle sommer self.
Maar sy’t bedoel sy sien my in April; ek het gelees Maart – en so daag ek die oggend toe alleen op vir die afspraak.
Dis vroegherfs en die seisoen het gedraai. In die koffiewinkel in Mouillepunt waar ek op haar wag, kom sit die seebries onder my klere. Dis ’n grys dag. Die einder verdwyn in ’n wasige misbank, die see die kleur en tekstuur van gefrommelde foelie. Waar…
