V: Ek het ’n boog tussen twee dele van my tuin ingesit en wil graag ’n rankroos daaroor lei. Watter variëteite stel jy voor?
Ek raai mense altyd aan om variëteite te kies wat oorvloedig en herhalend blom en, die belangrikste van als, genoeg groeikrag het om die hoogte en breedte van die boog toe te groei. Midinette-rose of miniatuur-rankers is ideaal vir ’n boog van 2m hoog en breed, of kies een van die groot blommende variëteite soos ‘Blossom Time’, ‘Edgar Degas’, ‘Royal Gold’ en ‘Don Juan’. Vir ’n hoër, breër boog kan jy ‘Compassion’, ‘Crème Caramel’, ‘Pink Cloud’, ‘Iceberg’, ‘Cherry Garland’, ‘Nahema’ en ‘Gülilah’ oorweeg.
V: Ek het ’n deklaag om my nuutgeplante ‘Free and Loyal’-rose gegooi, maar dit lyk of die stele gebrand het. Dis nie die…
