Uit Lapland
Studio G se nuwe Palmero-versameling (R800/m) is nou te kry in Suid-Afrika, eksklusief by Hertex. Dis gemaak van geborselde suiwer katoen, en spog met botaniese ontwerpe, kunstige teksture en sagter geometriese patrone. Verken jou wilde sy met diep, donker skakerings en treffende blommotiewe, of skep ’n kalm toevlug met fyner flora en sagter kleure.
Laat dié Bertie-lamp van The Lighting Warehouse (R599; lightingwarehouse.co.za) jou lessenaar of bedkassie opvrolik.
Kyk bietjie na Paint & Décor se lieflike Slow Living-reeks met 20 nuwe kleure, beskikbaar in 50ml-toetspotjies (R30), of groter potte van 1 liter (vanaf R165) tot 20 liter. Besoek paintdecordiy.com.
Nuut op straat
Sheet Street het sy eie reeks basiese meubels, soos rakke, kanttafels, stoele en lampe, bekendgestel. Die reeks is beskikbaar by uitgesoekte winkels, insluitend Cape Gate, Menlyn…
