WIE WOON HIER? Antoinette Stockley en haar dogter, Emma (19), asook hul honde, Laya en Fudge, en drie katte, Artemis, Twitch en Yuki
WAAR Somerset-Wes, Wes-Kaap
GROOTTE 445m²
Antoinette Stockley het presies geweet wat sy sal doen op die erf waar ’n doodgewone ou huis teen die hange van die Helderberg in Somerset-Wes gestaan het, al was sy nie die eienaar nie.
Sewe jaar lank het sy gereeld by haar vriendin gaan kuier wat dié huis gehuur het. Toe, op ’n dag sowat ’n dekade gelede, kom die eiendom op die mark. En dit word hare – maar nie sonder ingrypende veranderinge nie.
“Een halwe muur en die fondasie is al wat oorgebly het,” vertel sy. “Ek wou báie glas hê, want die erf is in die natuur.”
Die middelpunt…
