Shaheeda en Rediwaan Loofer wou die klein drieslaapkamerhuis in Plumstead, Kaapstad, waar hulle nege jaar gelede ingetrek het, in ’n ruim gesinswoning omskep. Hoewel hulle dadelik begin opknap het, is dié proses eers agt jaar later, in 2019, voltooi. En toe was die motorhuis vol bokse, oorskietboumateriaal, halfvol verfblikke... ’n Absolute deurmekaarspul. “Ons het eenvoudig daai deur toegetrek!” bieg Shaheeda.
Maar nadat ons ontrommel-kenners, Carin Smith en Jani Augustyn-Goussard, hul towerstaffies geswaai het, is dié garage vandag ’n funksionele ruimte waar die wasmasjien, tuimeldroër en tuingereedskap hul regmatige plek kan inneem. Met genoeg plek vir ’n motor ook.
Die eerste taak was om al die rommel te verwyder en drie werksones – ’n wasdeel, tuinmaakstasie en pakplek vir gereedskap – te identifiseer. ’n Laag wit verf het die vertrek ’n…
