Dinge is krapperig tussen Kristien (Marlee van der Merwe) en Amanda (Natasja Jacobs). “Albei is sterk, dinamiese vroue en die een is nie bereid om vir die ander terug te staan nie,” sê Natasja.
Die wrywing tussen die twee skakelbeampte-kollegas het toegeneem toe Kristien se eksman, Bart (Pierre Breytenbach), met wie sy nou weer in ’n verhouding is, onlangs vir Amanda betroubare inligting oor die skelm JJ (Zak Hendrikz) gegee het. Amanda het daarna die inligting – dat JJ sy ma, Magda (Elzabé Zietsman), en haar man, Pottie (Christo Compion), met hul besigheid Potties wou indoen – aan die nuuswebwerf SinBin uitgelek, wat ’n artikel daaroor gepubliseer het.
Dat Bart Amanda met die inligting vertrou het en nie vir Kristien nie, is steeds vir Kristien ’n doring in die vlees.…