Om iemand anders se baba te dra, is nie ’n grap nie, veral wanneer jy nie ’n beroepsurrogaat is nie. Maar Amorey Welman (Kristen Raath) het ingestem om haar ouer suster, Alexa (Carina Nel), se baba te dra, en sy begin dit nou vinnig berou. Hoewel Amorey tot die surrogaatmoederskap ingestem het, was om tuis ingehok te wees nie deel van die ooreenkoms nie; dís nie waartoe sy ingestem het nie. Wanneer sy dus ’n nuwe man ontmoet en baie tyd saam met hom begin deurbring, is haar paranoïese suster, Alexa, baie ongemaklik.
EEN SLUKKIE IS NIE SO SLEG NIE
“Amorey is dol daaroor om swanger te wees. Buiten Alexa wat beherend en paranoïes is, is Ammie verlief op die wonders van swangerskap. Die swangerskap is baie belangrik vir haar,…