As daar een ding is wat Annelize (Cindy Swanepoel) het, is dit lojaliteit en passie vir die Binneland-kliniek. Sy voel tuis in die hospitaal en dis vir dié hospitaal wat sy alles sal prysgee – selfs haar verhouding, al weet sy dit nog nie . . . Haar kêrel, Tertius (Reynardt Hugo), sien dit egter raak en sy verdraagsaamheid is besig om op te raak, en wanneer Annelize weer eerder die hospitaal en sy grootbaas, At (Hans Strydom), bo hom glo en haar by At skaar, neem Tertius ’n besluit wat alles kan verander.
WAT LAAS GEBEUR HET
Die groot drama wat tans in Binnelanders afspeel, is Delia (Odelle de Wet) wat aangekla word van die moord op die portier Tommy (Pieter Human) wat na haar pa, Andries (André Odendaal),…