Stroomplatforms groei en verander elke dag, jou perfekte program wag dus op jou. Dis September, hoe lyk dit met ’n bietjie goedvoelkomedie vir die lente?
• Earth To Ned seisoen 1, ’n marionetkomedie van die Jim Hensonmaatskappy oor ’n ruimtewese wat die Aarde wil verower, maar besluit om ’n laataand geselsprogram met regte glanssterre aan te bied, 2021, kettingkyk op Disney+.
• Schmigadoon seisoen 1, absurde musiekkomedie oor ’n soektog na liefde, met Keegan-Michael Key, 2021, kettingkyk op Apple TV+.
• Ted Lasso seisoen 1-2, komedie oor ’n VSA sokkerafrigter (Jason Sudeikis) wat ’n Britse span bestuur, 2020-nou, kettingkyk op Apple TV+.
• Schitt’s Creek seisoen 1-6, komedie oor ’n ryk familie wat in ’n dorp moet bly wat hulle as ’n grap gekoop het, 2015-2020, kettingkyk op Netflix.
TVPLUS…
