Jannie Schoeman was ’n professionele rugbyspeler wat tipies Afrikaans grootgeword het: “Jy gaan weermag toe, jy moet sterk wees, jy moet rugby speel, jy mag nie huil nie, jy mag nie anders dink nie,” verduidelik hy. Hy het by die familie se vulstasie in Umbilo, Durban, gewerk en sy vrou, Elize, was ’n modeontwerper wat eers ’n ruk in die bedryf gewerk en later rokke en trourokke vir ’n lewe gemaak het. Toe, in 1999, slaan die noodlot toe. Jannie se pa word doodgeskiet in die derde gewapende rooftog by die vulstasie. Hulle het genoeg gehad.
Hulle begin ’n gastehuis in sy ma se huis in Umhlanga, maar omdat dit in daardie jare so verdomp moeilik was om toiletware vir ’n gastehuis uit te krap, sit Jannie en Elize skouer…
