Vanjaar was die derde jaar dat ons ons gewilde broodbaken kaasmaak-werksessies aangebied het, en Annelien Pienaar, boervrou en baasbrein agter die blog en kookboek Boerekos met ’n Twist, het die lesers weer vuur en vlam gehad.
Ná’n leersame dag vol harde werk, goed kuier en lekker eet is almal huis toe met net een doel voor oë: Om sélf brood te bak en sélf kaas te maak – sonder enige kleur-, geur-of preserveermiddels. Heerlike, heilsame kos wat niemand siek maak nie.
Broodbak, Hartbeespoort 6 Julie
Heel agter van links staan Baz Shaw, Annemari Arnoldi, Tertia Minnaar, en Lizzy Jacobs. Agter is Melinda Boyers, Francis Smit, Anne-Mari Smit, Elzabe Smit, Marie Jordaan, Christine Benade, Mimmie van Zyl, Francois Viljoen, Herculene Arnoldi, Denise Meyburgh, Lizelle Botha, Maria Wernberg, Anthoni Botha, Roelien van…
