As jy van ’n goeie jenewer hou, maar ook wil briek aandraai met alkohol, is die nuwe Six Dogs Blue Light vir jou.
“Hierdie jenewer is vir die oordeelkundige drinker, en al het dit net meer as die helfte van die alkoholinhoud, is hy propvol geur,” sê Charles Bryant, ’n distilleerder by die Six Dogs-stokery.
Die Blue Light is einde 2021 vrygestel ná drie jaar se werk in die laboratorium. “Ons wou ’n lae-alkohol-jenewer maak wat steeds ’n mondgevoel van alkohol gee,” sê Charles. “Daar’s geure van jenewerbessie en roosmalva met sweempies van die skoenlapper-ertjieblom.”
Hy sê hierdie jenewer is op sy beste met baie ys – met jenewer- of braambessies vir garnering.
Kontak
sixdogs.com
@sixdogsdistillery
Six Dogs Distillery
WEN! Een gelukkige leser kan ’n bottel Six Dogs Blue Light-jenewer…
