Ons het oor Paasnaweek in die boskamp van die Malonjenio gasteplaas tussen Vereeniging en Heidelberg gekamp. Die kamptyd was ’n heerlike wego breektyd, en deel van die wenreo sep was die geselskap.
Buiten my twee kinders, Tero sius (17) en Franco (2), het my swaer se twee seuns, Raymond en Rudi Cilliers (albei vroeg in die twintig), ook saamgegaan.
Op ’n dag hengel ons, en soos die lewe maar somtyds werk, vang die oudste van hulle ook die grootste vis, nogal ’n graso karp. Ons moes hierna kortokort van die groot vis hoor, byna soos ’n storie sonder einde.
Intussen moet klein Franco ook sy slag met die visstok probeer, want ’n mens moet mos van vroeg af leer, of hoe sê ek?…