WegSleep het die afgelope jare al verskeie innovasies in die woonwa- en kampeerwêreld bekend gestel, en nou het ons, saam met CaraSure, nóg ’n produk wat vir ons lesers van waarde kan wees: sleepversekering!
Met die versekeringsproduk WegSleep
Sleepseker het ons ’n spesiale tarief vir lesers beding. Die versekering dek woonwaens, boswaens en ryhuise. Daar is twee pakkette beskikbaar:
SleepSeker Prestige
SleepSeker-dekking
SleepSeker-inhoud (van R30000)
SleepWeg-padhulp
SleepSeker Ekono
SleepSeker-dekking
SleepWeg-padhulp
Die voordele behels
Sleepdekking: Die rytuig het omvattende versekering wat ongelukke, kwaadwillige skade, stormskade, diefstal, kaping én brand dek.
SleepSeker-inhoud: Dekking vir besittings ter waarde van altesame R30 000 word by die Prestige-pakket ingesluit. Jy het die opsie om teen ’n ekstra premie jou inhoud tot R45 000 of R60 000 te verseker. Dit sluit in: beddegoed, kombuisware,…
