Bloukaas-braaibroodjies
Uit die bloute
Met bloukaas maak jy ’n besonderse braaibroodjie.
Jy benodig (genoeg vir 6)
• 2 eetlepels botter• 2 uie, in dik skywe gesny• 12 snytjies bruin- of rogbrood• 100 g bloukaas, in dun skywe gesny• 125 g brie, in dun skywe gesny• 1 koppie okkerneute, liggies gerooster en grofgekap• ’n hand vol babaspinasie, skoongewas Só maak jy 1 Smelt die botter in ’n kastrol, voeg die ui by en braai dit vir 10-15 minute oor matige hitte tot dit begin karamelliseer.
2 Maak 6 toebroodjies waarop jy die bloukaas, brie, gekaramelliseerde uie, okkerneute en spinasie pak.
3 Braai die broodjies oor matige kole tot hulle goudbruin is (omtrent 5 minute aan elke kant).
WegSleep sê: As jy nie van ’n skerp kaas hou nie, kan jy cheddar of soetmelk opsit.
Pita-taco’s…
