“Ek en my vrou, Loekie, is gesoute kampeerders wat al baie met ons Jurgens Palma gereis het. Ons besoek aan die Olifantsrivier›lodge in Desember was ekstra›spesiaal omdat my susterskind, Natasja, haar man, Iwan, en hulle baba van twee maande, Mieke, saam gekamp en vir die eerste keer ’n woonwa gesleep het. My sus, Kobie, en haar man, Louis, was ook saam.
Was dit julle eerste besoek?
Ons was sowat tien jaar terug saam met vriende hier, maar die plek het sedertdien heelwat verander. Hier is 45 staanplekke reg langs die rivier uitgelê. Die staanplek› ke is lekker groot en met gras bedek, en elkeen het sy eie kragpunt, vullisdrom en kraan. By sommige van die staanplekke is betonbraaiplekke en vir die res is daar los› staande braaiers. Daar staan heelwat…
