Elke tweede jaar probeer ek en my vrou, Lettie, om drie maande lank deur die land te toer met die woonwa. Ons bly dan gewoonlik een maand in die Krugerwildtuin.
Vanjaar was dit weer sulke tyd. Ons het ’n paar jaar gelede afgetree, maar die gesondheid en geldjies hou darem nog, en daarom het ons by Krokodilbrug, Onder-Sabie, Berg-en-Dal, Skukuza, Satara en Maroela gaan inloer. Die diere stel nie sommer teleur nie en die Groot Vyf maak dit des te beter.
Gewoonlik kan ’n mens nie oor die ruskampe kla nie, veral as ’n mens na die ablusiegeriewe kyk. Uit die ses plekke waar ons was, het die personeel by slegs twee van die kampe hulp kom aanbied: Skukuza en Maroela.
Maroela is klaar ons gunstelingruskamp, en dis ook waar…
