Stadiggekookte lamsbredie
Winterwenner
Niks klop ’n warm bredie as die winterweer die land in sy kloue beet het nie. Veral as daar nog reën ook is...
Jy benodig (genoeg vir 6-8)
• 2 eetlepels olyfolie
• 1,5 kg lamstowevleis (soos lamsnek)
• sout en swartpeper
• 2 uie, gekap
• 2 wortels, gekap
• 2 selderystokkies, gekap
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• ’n toontjie gemmer van 5 cm, fyngekap
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
• 2 teelepels koljander, fyngemaal
• 2 teelepels fyn komyn
• 2 teelepels paprika
• 2 blikke (400 g elk) heel geskilde tamaties
• 500 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
Só maak jy 1 Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol oor matige kole. Geur die lam met sout en swartpeper en braai dit vir 8-10 minute tot die vleis mooi goudbruin is. Skep die vleis uit die…
