Die eerste twee modelle van die nuwe Everest het albei die 3,2 ℓ-dieselenjin gekry, en met ’n woonwa op die haak was dit pure sleepplesier. Nou, ’n jaar of wat later, het Ford die reeks met agt modelle uitgebrei, maar steeds by dieselenjins gehou.
Nóg ’n 3,2 ℓ-model is bygevoeg plus vyf 2,2 ℓ-modelle. Maar al het van die nuwe modelle die kleiner enjin, het Ford nie sy sleepvermoë prysgee nie.
’n Mens kan steeds ’n wa van tot 3 t haak, met ’n neusgewig van nie meer as 300 kg nie.
Uit die oog
Die haak, ’n soliede stuk vierkantige staal wat in ’n vierkantige buis in die permanente gedeelte van die stang pas, is verwyderbaar. ’n Dwarspen, wat in ’n ronde gat deur die stang en buis pas,…
