Sportnutsvoertuie word net al hoe gewilder, veral kompakte sportnutse, en voertuigvervaardigers slaan munt uit rygoed soos die Hyundai Tucson en Kia Sportage. Maar as jy kans sien om ’n ekstra paar pitte uit jou beursie te skud kan jy luukser sportnutse soos die Mercedes-Benz GLA, BMW X2, Audi Q3 en nou ook die Jaguar E-Pace oorweeg.
Daar is twee enjinopsies: Turbodiesel en turbopetrol, wat elk verder opgedeel is in verskeie modelle volgens kraglewering- en afwerkingsvlakke. Die basismodel is die D150 diesel (110 kW, 380 Nm) en die topmodel ’n petrolgedrewe P300 HSE (221 kW, 400 Nm).
Buitelangs
Die E-Pace is in wese ’n klein F-Pace, hoewel Jaguar verkies om dit as ’n unieke produk te bemark. Die E-Pace gebruik Jaguar-Land Rover se D8-platform (onderstel, vering, asse) wat ook ’n basis…