Bennie se tweede
Argitekte teken planne vir huise, maar Bennie Cilliers neem dit ’n stap verder: Dié Bethlehemse argitek het pas sy Nayela, ’n meerdoelige sleepwa, gebou. Wel, dis wat hy dit noem, hoewel ons dit eerder as ’n nuwerwetse woonwa bestempel.
Bennie is nie ’n vreemdeling as dit kom by woonwaontwerp nie: Hy het vier jaar gelede met die wenontwerp weggestap in WegSleep en Jurgens Ci se woonwaontwerpkompetisie, wat gelei het tot die geboorte van Jurgens se Elegance, tot vandag toe die vervaardiger se vlagskip.
Die Nayela is iets tussen ’n woonwa en ’n vragwa.
Die “slaapkamer”, soos wat ’n mens dit in gewone waens ken, is in die voorste gedeelte ingebou, en dit sluit die slaapplek en badkamer in. Die agterste helfte van die…
