“Die Swaeltjies het in 1998 by die ATKV-Eiland-spa ontstaan toe ’n klomp kampeerders besluit het dit sal lekker wees om kontak te behou. Ons het besef almal van ons, van wie die meeste pensioentrekkers was, is nét soos swaeltjies wat vlug van die koue,” vertel die voorsitter, Paul Jansen.
Hy beklemtoon hulle is nié ’n geregistreerde klub nie, maar eerder ’n vriendekring. Hulle het wel ’n amptelike embleem, en wanneer jy aansluit, kry jy só ’n embleem plus ’n nommer.
Jou naam, foonnommer, adres en verjaardagdatum word ook op hulle lys gesit wat dan onder lede versprei word saam met hulle nuusbrief, wat ook inligting bevat oor aktiwiteite wat beoog word. Dié aktiwiteite word saam met die oordbestuur beplan en sluit gesellighede soos bring-en-braai-, sop- en kerrie-en-rysaande in. Hulle speel…